Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/03/2010

Kalfsconsommé / Blonde de veau


Kalfsconsommé / Blonde de veau



Kookkuns Resepte

In die Franse kookkuns is kalfsconsommé (Blonde de veau) een van die vier klassieke basisse vir 'n sop of sous. Die ander drie is bouillon, consommé en hoendersop.

Voorbereidingstyd: 10 minute
Kooktyd: 5 uur
Totale tyd: 5 uur 10 minute

Bestanddele:
ham
1 kalfklou
botter
1 hoendervleis
uie
bruinsuiker

Metode:
Vir die kalfsconsommé smeer jy die soppot goed met botter. Sny geskilde uie in skywe tot dit sowat 1 cm dik op die bodem lê.

Op die uie plaas jy ’n stuk ham, ’n kalfskloutjie, afgesny van, maar saam met hul bene. Plaas ook een hoender wat in stukke gesny is in die pot. Vul die res van die pot met bouillon. Bring dit tot kookpunt en laat dan stadiger kook met die deksel af tot die vloeistog met die helfte verminder het.

Prik die kalfskloutjie met ’n skerp mes om die sap uit te laat. Vul weer die pot met bouillon, voeg ’n grypie bruinsuiker by en laat dit weer stadig kook – die keer met die deksel op. Dit moet vir 5 ure kook.

Wanneer dit klaar gekook het skep jy die vet af en gooi die vloeistof deur ’n moeseliendoek.

No comments :

Post a Comment