Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/17/2010

Amandel vis / Almond Fish

1½ kg vars vis, skoongemaak en in stukke gesny
1 ui, fyngekap
15 ml suurlemoensap
10 ml fyngedrukte knoffel
10 ml vars koljander, fyngekap
¼ koppie kokosneutmelk
500 ml tamatiepuree
125 ml versplinterde amandels
1 ui, in skywe gesny
5 ml sout
10 ml komynsaad, fyngedruk
10 ml rooi rissie, fyngedruk
½ koppie olie
5 ml borrie

Meng die suurlemoensap, knoffel, koljander, sout, komyn, rissie en borrie saam met 5 ml olie. Smeer die helfte oor die vis.

Bak die vis vir 40 minute by 180ºC.

Intussen braai jy die uie in die res van die olie tot dit begin kleur kry.
Voeg die res van die kruie- en speserymengsel by, asook die tamatie. Prut vir 'n paar minute.
Gooi nou die mengsel oor die vis - al het dit nog nie 40 minute gebak nie. Gooi die amandels bo-oor en bak verder.

Garneer die vis met koljander en bedien saam met basmati-rys.

No comments :

Post a Comment