250 g botter
3 stukke pypkaneel
3 kardamomsade, liggies gekneus
100 ml sultanas
250 g vermicelli
250 ml water
125 ml suiker
Smelt die botter in 'n kastrol en voeg die kaneel, kardamom en sultanas by.
Na 1 minuut voeg jy die vermicelli by en kook dit tot goudbruin - omtrent 5 minute. Roer gereeld.
Dra die plaat af tot op medium en voeg die water en suiker by. Plaas die deksel op en stoom vir 15 minute. Skud die pot nou en dan.
Die resep bedien 8 persone.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
No comments :
Post a Comment