Bollas is nie iets wat jy met jou hare doen nie. Dit is 'n Kaapse lekkerny wat jy by elke tweede kafee in Kaapstad kan koop.
¾ koppie suiker
2 eiers
¾ koppie olie
5 ml vanieljegeursel
4 koppies koekmeel
20 g bakpoeier
500 ml karringmelk
olie
stroop vir koeksisters
klapper
Klop die eiers en suiker saam tot dit donserig is.
Voeg die vanielje en olie by klop tot dit romerig is.
Sif die meel en bakpoeier saam in 'n aparte bak. Sif dit 2 keer.
Voeg die meelmengsel by die eiermengsel. Meng tot dit 'n sagte deeg vorm.
Laat die mengsel staan vir 30 minute.
Verhit olie vir diepbraai.
Doop 'n lepel in yskoue water - dit laat die deeg makliker afgly.
Skep lepelsvol deeg in die olie.
Braai tot goudbruin.
Plaas die bollas in warm koeksisterstroop tot hulle lekker blink.
Strooi klapper oor die bollas.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
Follow @kookkuns
No comments :
Post a Comment