Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/20/2010

Leegbak

Soms is dit nodig om 'n tertdop gaar te bak voor dit gebruik word. Veral waar sagtevrugte of 'n gaar vrugtemengsel as vulsel gebruik word.

Jy voer jou tertring uit soos normaal, maar daarna verkoel jy dit vir 30 minute.

Plaas 'n voering van botterpapier oor die deeg en druk dit oral goed vas.

Maak nou die tert driekwart vol met rou rys of droë bone - dit behou die vorm.

Bak gaar - ongeveer 26 minute by 200ºC.
Na word dit uit die oond gehaal, die rys / bone en papier versigtig verwyder en die tert dan teruggeplaas vir die oorblywende baktyd.

Koel die tertdop af voor gebruik.

No comments :

Post a Comment