Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/21/2010

Beauceronne-tert

Berei 'n ryk broskorsdeeg voor en verkoel.

Voer 'n 20 cm-deursnee tertring uit met die deeg.

225 g fyn maaskaas
55 g botter
2 eetlepels strooisuiker
2 eetlepels rosyne
2 eetlepels dik room
3 eiers, geskei
2 eetlepels meelblom

Maak die maaskaas louwarm in 'n mikrogolfoond - dit laat die maaskaas makliker met die ander bestanddele meng.

Room die botter en suiker saam.
Roer die rosyne, room en eiergele by.

Klop die eierwitte styf.

Roer die maaskaas en meelblom by die bottermengsel.
Vou die eierwitte by met 'n metaallepel.

Plaas die vulsel in die tertring en bak by 180ºC vir 40 minute.

Die vulsel sal rys tydens die bakproses, maar weer sak soos die tert afkoel.

Laat die tert heeltemal afkoel voor jy dit uit die ring haal.

Bedien koud met room.

No comments :

Post a Comment