Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/19/2010

Randtert

'n Randtert is 'n oop tert. Hierdie is die basiese aanwysings vir die voorbereiding vir 'n randtert.

Verkoel die deeg goed - normaalweg sal jy broskorsdeeg gebruik of Franse randtertdeeg.

Plaas die randtertring op 'n bakplaat, sodat die tert maklik verwyder kan word.

Rol die deeg uit volgens jou resep - dit is normaalweg tot 'n maksimum van 1,3 cm en 3,5 cm groter as die deursnee van die ring.

Lig die deeg op oor jou roller en plaas dit oor die ring.
Druk die deeg liggies af in die ring.

Rol 'n balletjie van die oorblyfsel deeg. Rol die bal in 'n bietjie meelblom. Gebruik dit nou om jou deeg versigtig in die tertring die druk tot dit goed in die ring pas.

Vou die deeg wat bo uitsteek oor die rand van die ring na buite.
Druk nou met jou roller hard bo-op die rand om die oortollige deeg af te sny.

Druk nou die deeg op die kante van onder af op teen die kant van die ring om die rand effens hoër te maak.

Prik die bodem van die tert met 'n vurk voor jy dit gebruik.

No comments :

Post a Comment