Die oorspronklike resep gaan min of meer so:
Sny ’n paar jong rape en wortels in blokkies en kook dit stadig saam met ’n kop slaai, een blomkoolkop wat in stukke gesny is, ’n paar koppies ertjies en ag koppies water vir 2 ure lank.
Plaas nou ’n skaapnek wat in stukke gesny is, fyngesnyde uie en sout en peper by die groente. Kook verder vir ’n paar uur.
Voeg 3 koppies ertjies by en kook vir nog ’n halfuur.
Die sop kan nou bedien word.
Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.
No comments :
Post a comment