Gebruik net die wit gedeeltes van 4 preie. Sny dit baie fyn op.
Sny 1 ui fyn op.
Smelt 2 eetlepels botter in ’n pot en kook die preie en uie hierin tot die uie begin deurskynend raak.
Voeg 5 aartappels by wat in blokkies gesny is en 1 liter hoenderaftreksel saam met sout en peper. Kook vir 35 minute.
Maak die sop tot fyn in ’n voedselverwerker en gooi terug in die pot.
Verhit tot warm en gooi 2 koppies melk en 2 koppies room by. Laat afkoel.
Wanneer die sop afgekoel het gooi jy nog ’n koppie room by. Verkoel die sop vir ten minste 30 minute in die yskas voor jy dit bedien.
Garneer met fyngesnyde grasuie.
Hierdie resep is genoeg vir 8 persone.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

No comments :
Post a Comment