Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

3/20/2011

Maalvleispastei

Berei hierdie hoeveelheid skilferdeeg voor en rol dit dun uit om in ’n 23 cm pasteibak te pas.

olie
450 g maalvleis
2 uie, in blokkies opgesny
1 soetrissie, in blokkies opgesny
sout
peper
knippie suiker

Braai die uie in olie tot sag.

Gooi die res van die bestanddele by en braai verder tot die vleis bruin is.

Gooi die mengsel in die pasteibak.

Maak ’n bolaag van die volgende bestanddele:
3 eiers
340 g maaskaas
sout
peper

Klop die eiers effens saam met die sout en peper.
Meng goed met die maaskaas.

Sprei die bolaag oor die vleis.
Sprinkel paprika oor.

Bak 30 minute lank by 180ºC.

Garneer die pastei met pietersielie en olywe.

Die pastei kan warm of koud bedien word saam met groente en ’n groenslaai.

Hierdie resep is genoeg vir 8 persone.

No comments :

Post a Comment