Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

5/10/2011

Bierbredie / Beer Stew

Hierdie resep gaan jou die held van die huis die winter maak.

750 g stowebeesvleis, in blokkies gesny
60 mℓ meel
15 g botter
4 aartappels, geskil en in kwarte gesny - gebruik melerige aartappels
1 ui, in ringe gesny
1 wortel, geskil en in ringe gesny
5 mℓ swart peperkorrels
375 mℓ bier
1 koppie vleisaftreksel
20 mℓ sojasous
1 lourierblaar

Bedek die blokkies vleis met die meel. Gooi die orige meel weg.

Braai die vleis vinnig bruin in die botter in ’n swaarboompot. Dreineer die vleis op kombuispapier.

Rangskik die aartappels op die bodem van die pot. Plaas die vleis op die aartappels, gevolg deur die uie en dan die wortels.
Strooi die peperkorrels oor en plaas die lourierblaar in die pot.
Gooi nou die aftreksel, bier en sojasous oor.

Plaas net so sonder deksel in ’n 180ºC oond en los vir 2 ure om gaar te word.

Bedien met Franse brood.

Die resep is genoeg vir 4 persone.

(foto deur Eric)

No comments :

Post a Comment