Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

5/09/2011

Italiaanse hoender / Italian Chicken

1 skoongemaakte hoender
30 g botter
1 ui, fyn gekap
20 mℓ tamatiepasta
300 mℓ hoenderaftreksel (resep 2)
sout en peper
bouquet garni
5 mℓ meel
’n blik knopiesampioene, 210 g
60 g spek, gebraai
pietersielie, fyn gekap

Braai die hoender alkante bruin in die botter in ’n swaarboompot.

Voeg die ui by die hoender en braai tot die ui goudbruin is.

Meng die tamatiepasta, aftreksel en kruie by. Geur met sout en peper.
Bring die mengsel tot kookpunt.

Sit die pot se deksel op, draai die hitte op laag. Jy kan dit stadig op die plaat kook of in ’n 180ºC oond gaarmaak. Dit moet vir ’n uur kook.

Verwyder die pot van die hitte en haal die hoender uit.
Verdik die sous nou met die meel oor lae hitte.
Voeg die sampioene en spek by.

Sny die hoender op in porsies en plaas terug in die pot.
Hou dit oor die hitte tot alles warm is.
Strooi die pietersielie oor en bedien.

Heerlik saam met enige groente.

No comments :

Post a Comment