Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

5/29/2011

Haassop / Hare Soup

Jy kry deesdae haas te koop in Suid-Afrikaanse supermarkte. Hierdie winter kan jy jou eerste haassop maak. Probeer hierdie klassieke resep.

Die haas is gewoonlik gevries. Laat dit ontdooi en sny die haas in stukke. Plaas die haas in ’n kastrol saam met 500 g ham wat in groot blokke gesny is. Sny 3 uie in stukkies en gooi by.

Wat die kruie betref het jy ’n hand vol elk van die volgende nodig: tiemie, pietersielie en salie. Voeg ook 3 stukkies foelie by.

Nou gooi jy 2,5 liter bouillon / vleisaftreksel by en laat dit baie stadig kook. Dit moet vir 3 uur lank kook.

Haal nou al die vleis uit die pot. Sny die haasvleis van die bene af en plaas in ’n voedselverwerker saam met die ham. Maak die stukkies vleis net effens kleiner met die voedselverwerker. Moet nie te fyn maak nie.

Plaas die vleis terug in die pot saam met ’n hand vol broodkrummels en 250 mℓ port. Laat dit stadig kook vir ’n uur.

Geur met sout en peper en bedien.

No comments :

Post a Comment