Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/02/2008

F Glossarium, Woordelys van kookterme - voedsel en wyn

(Hou jy van ons hulpbronne? Oorweeg asseblief ’n donasie in Bitcoin: 179nZqSyFmYPcvu4ZU733PgXBKUYXcy9DD)

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
faggot
Engelse naam vir gekapte lewer wat gegeur en dan gebak word.

fagot [fa-ghoe]
Frans vir ’n kombinasie van kruie.

Fahrenheit
Waarin hitte gemeet word.

faire chabrot
Faire chabrot is ’n ou plattelandse gewoonte in dele van Frankryk om rooiwyn by sop of sous te voeg as dit halfpad geëet is. Die mengsel word dan gedrink uit die bakkie. Dit is veral gedoen met bréjaude. (faire chabròl)

faire revenir [ver re-wy-nier]
Frans vir die proses van verbruining.

faisan [vy-zaan]
Frans vir fisant.

falafel
Diepgebraaide Mediterreense kekerertjie-balle wat as ’n voorgereg of as vulsel vir pita-brode gebruik word. Beter bekend as felafel.

farce [vars]
Frans vir vulsel.

farcir [far-sier]
Frans vir “om iets met ’n vulsel te stop”.

farina
Fyn meel gemaal van koring, neute, styselagtige wortels en aartappels. In Afrikaans beter bekend as setmeel.

farl
’n Klein, plat Skandinawiese koekie gemaak van hawermeel en meelblom. Die woord beteken “kwart van ’n koek”. Dit word ook farle gespel.

farle
’n Klein, plat Skandinawiese koekie gemaak van hawermeel en meelblom. Die woord beteken “kwart van ’n koek”. Dit word ook farl gespel.

fasóulia
’n Griekse kasserol berei met boontjies.

fawa-boon
’n Groot tuinboontjie met ’n niervormige saad.
Ook genoem boerboon.

fécule [fê-kuul]
Frans vir ’n stysel of fyn rys of aartappelmeel wat gebruik word om sop en souse te bind.

feesmaal
’n Deftige maal.

felafel
Diepgebraaide Mediterreense kekerertjie-balle wat as ’n voorgereg of as vulsel vir pita-brode gebruik word. Ook bekend as falafel.

Fendant
Fendant is ’n Switserse witwyn van die Valais kanton.

fenegriek
’n Kruid met wit blomme en aromatiese saad. Die blare word normaalweg as kruie gebruik en die saad as ’n spesery. Dit staan ook bekend as griekse hooi.

fenouil [fe-noe-hie]
Frans vir vinkel.

fermenteer
Die werking of inwerking van gis, waartydens opbruising en skuimvorming gewoonlik plaasvind.

Ferrán Adrià
Ferrán Adrià word geassosieer met molukulêre gastronomie. Adrià besit die bekende El Bulli restaurant in Spanje. Ses maande per jaar wei hy aan die ontwerp van nuwe smaakervarings. (2006)

feta
’n Souterige Griekse kaas. Dit is oorspronklik van bokmelk gemaak. Ook genoem feta-kaas.

feta-kaas
’n Souterige Griekse kaas. Dit is oorspronklik van bokmelk gemaak. Gewoonlik net feta genoem.

fête [vet]
Frans vir “kermis” of “viering”.

fettucine
’n Italiaanse pasta. Dit is baie plat, breë noedel gemaak van eier, meel en water, maar smaller as tagliatelli. Dit is gewild saam met 'n alfredo-sous.

feuillantine [feu-jan-teen]
Franse blaardeeg gemaak met skilferdeeg. Dit word gewoonlik gebruik om beskuitjies te maak wat saam met roomys voorgesit word. Ook genoem feuilletage.

feuilletage [feu-je-taazj]
Franse blaardeeg gemaak met skilferdeeg. Dit word gewoonlik gebruik om beskuitjies te maak wat saam met roomys voorgesit word. Ook genoem feuillantine.

feuilleté [feu-je-ty]
’n Franse tert waarvan die kors in dun lagies verdeel wanneer dit gebak word.

feuilletés [feu-te]
Franse naam vir “skilferdeegdoppies”.

figue [feegh]
Frans vir vy.

filbert
’n Engelse woord vir haselneut. ’n Ronde neut wat los in die dop pas. Dit word gewoonlik gebruik in nageregte en fyngebak.

filet [fie-ly]
’n Dun, langwerpige stuk vleis of vis sonder been of graat. Dit word normaalweg gesny van die dik vleis langs die ruggraat.

filet mignon [fie-ly mien-jo]
Frans vir ’n kleiner vleissnit wat gerooster of pangebraai word.

fillodeeg
’n Soort skilferdeeg wat in baie dun lagies gebruik word.

filterkoffie
Koffie gemaak van vars gemaalde koffiepitte in ’n poreuse papierfilter geplaas waaroor kookwater gegooi word.

filtreer
’n Aftreksel deur ’n filtreermedium laat drup sodat vaste stowwe agterbly. Soos byvoorbeeld met filterkoffie.

fines herbes [fiens erb]
’n Franse mengsel van fyngekapte pietersielie, uiegras, knoffel, tuinkerwel en dragon wat gebruik word vir souse en garnerings.

finnan haddie (haddock)
’n Naam vir gerookte skelvis.

fino
Dit is ’n tipe sjerrie. ’n Bleek, dun, droë wyn met ’n delikate geur en 'n bitter smaak. (amontillado, amontilladosjerrie, florsjerrie, finosjerrie)

finocchio [fee-no-kio]
Italiaans vir vinkel.

finosjerrie
Dit is ’n tipe sjerrie. ’n Bleek, dun, droë wyn met ’n delikate geur en 'n bitter smaak. (amontillado, amontilladosjerrie, florsjerrie, fino)

fisant
’n Hoenderagtige, grysbruin voël.

flageolet [fla-zjo-le]
’n Boontjie wat gewoonlik in vleisgeregte, purees of as garnering gebruik word en op dieselfde manier as die haricotboontjie berei word. Wanneer dit vars is, is dit groen.

flambé [vlam-by]
Om te vlam. Byvoorbeeld brandewyn oor koek, pannekoek of biefstuk te gooi en aan die brand te steek daarvoor bedien word. Die proses word ook na verwys as flambeer of flamber.

flambeer
Om te vlam. Byvoorbeeld brandewyn oor koek, pannekoek of biefstuk te gooi en aan die brand te steek daarvoor bedien word. Die proses word ook na verwys as flambé of flamber.

flamber [vlam-by]
Frans vir “om te vlam”. Byvoorbeeld brandewyn oor koek, pannekoek of biefstuk te gooi en aan die brand te steek daarvoor bedien word. Die proses word ook na verwys as flambé of flambeer.

flan [flaan]
Frans vir ’n oop tert gevul met ’n soet of sout vulsel.

flandeeg
’n Deeg soortgelyk aan broskors, maar met eier, suiker en vanillageursel.

flannel cake
’n Dun pannekoek.

flappertjie (drop scone)
Lepels skonmengsel wat op ’n plaat gedrup en gebak word tot bruin. Hierdie Skotse skon word tradisioneel voorgesit met teetyd.

fleurette [fleu-ret]
Frans vir die blomgedeelte van broccoli of blomkool.

fleurons [fleu-rohn]
Frans vir sekel- of halfmaanvormige blaardeeg wat gebruik word vir die garnering van visgeregte.

Florentynse eiers (Florentine eggs)
Eiers wat op ’n laag spinasie gebak is en bedek is met ’n kaassous.

florsjerrie
Dit is ’n tipe sjerrie. ’n Bleek, dun, droë wyn met ’n delikate geur en ’n bitter smaak. (amontillado, amontilladosjerrie, florsjerrie, fino)

flûte
Frans vir ’n regop nou sjampanjeglas.

fluweelboontjie
’n Indiese boontjie soortgelyk aan haricotboontjies.

focaccia [fo-ka-tja]
’n Plat, ronde Italiaanse brood wat met olyfolie en sout besprinkel word. Dit kan alleen geëet word of saam met sop of slaai.
Focaccia

foelie
Die netvormige vliese van die neut van die muskaatboom wat as spesery gebruik word. Die neut self word gebruik vir neutmuskaat.

foie [fwha]
Frans vir lewer.

foie gras [fwha ghra]
Foie gras is die lewer van ’n vetgevoerde eend of gans. Foie gras is Frans vir "vet lewer". Diereregte-aktiviste is gekant teen die gebruik van foie gras oor die manier waarop die eende en ganse vetgevoer word. Al sedert die Romeinse tyd word die diere enorme hoeveelheid kos gevoer elke dag. Die gevolg is dat die lewers groei tot soveel as tien maal die normale grootte.

foncer [fon-sie]
Frans beskrywing vir wanneer ringe en vorms met deeg uitgevoer word, of smoorpanne met ’n laag mirepoix uitgevoer word voor vleis gesmoor word.

fond blanc [fon blahn]
Dit is ’n aftreksel wat gebruik word vir die maak van sop, sous en gesmoorde disse. ’n Fond blanc word voorberei deur die bestanddele direk in vloeistof te plaas vir die kookproses. Tradisioneel word ’n fond blanc voorberei met die vleis van pluimvee, kalfsbene, hoenderkarkasse en aromatiese groente.
Fond Blanc Ordinaire

fond brun [fon bran]
Dit is ’n aftreksel wat gebruik word vir die maak van sop, sous en gesmoorde disse. ’n Fond brun word voorberei deur die bestanddele eers te verbruin voor dit in die vloeistof geplaas word. Fond brun (ook bekend as jus brun) word voorberei met beesvleis, kalfsvleis, die vleis en bene van pluimvee en groente wat verbruin is in vet.
Fond brun

fondant [fô-dahn]
Frans vir ’n romerige pasta wat gebruik word om lekkergoed te maak of koeke te versier. (croquette)
Fondant

fondant-versiersel
Versiersel gemaak van suiker, water en glukose.

fondre [fon-dre]
Frans vir “om te smelt”.

fonds
Frans vir aftreksel. (fumet)
Vis fumet

fonds d’artichauts [fohn dahr tee-sjou]
Frans vir artisjok-harte.

fondue
Fondue is ’n Switserse spesialiteit. Die oorspronklike gebruik was om kaas te smelt in ’n spesiale erdepot en dit te geur met witwyn. Die pot word warm gehou aan tafel en almal wat aansit gebruik lang tweetand vurke om brood in die kaas te doop en dit te eet. Vandag word ’n verskeidenheid van souse gebruik en meeste voedselsoorte daarmee saam geëet. In die Franse kookkuns word die woord ook gebruik om te verwys na groente wat in dun repies gesny word en dan oor lae hitte in botter gekook word tot baie sag.
Olie fondue

fontaine [fon-tên]
Frans vir die holte wat jy in die middel van ’n hoop meel maak vir bestanddele wanneer jy deeg aanmaak.

forel
Enigeen van verskeie soorte beenvisse van die familie Salmo wat in varswater hou.

fortifiseer
Die proses om die alkoholgehalte van wyn te verhoog deur die byvoeging van brandewyn of spiritus.

Fourme du Cantal [formoe doe kantal]
’n Kaas gemaak van koeimelk met ’n hoë vetinhoud. Dit het die kleur van ivoor, maar het ’n donker kors. Die kaas het ’n soet neutagtige smaak. Die kaas is ook bekend as net Cantal. Dit is oorspronklik van die Auvergne-streek in Frankryk. Die kaas word gewoonlik na die maaltyd bedien saam met wyn en vrugte.

fraîche [fresj]
Frans vir “vars”.

frais [fre]
Frans vir “vars”.

fraise [frêz]
Frans vir “aarbei”.

fraise de bois [frêz de bwha]
Frans vir “bosaarbei”.

fraiser [frê-zie]
Frans vir die aksie om botter, suiker, ens. te knie saam met meel.

framboise [frambwhaz]
Frans vir “framboos”.

framboos
Die geurige, eetbare bessievrug van sekere struike van die geslag Rubus, veral Rubus idaens, Rubus occidentalis en Rubus strigosus.

frangipane
’n Deeg soortgelyk aan choux-deeg; gemaak van eiergeel, botter, meel en melk en gebruik in vis- en pluimveevulsel. Die naam word ook gebruik vir ’n deeg gemaak van room, amandels en speserye.

Frankfortse worsie
’n Dun rookworsie van varkvleis met kruie. (knakwors)

fransbrandewyn
Franse brandewyn uit Cognac.

fransdruiwe
’n Wit wyn- en tafeldruiwesoort waarvan veral sjerrie en droë wyn gemaak word.

Franse braaibrood
Brood gedoop in ’n mengsel van eier en melk, gebraai tot goudbruin en voorgesit met heuning, stroop of konfyt.

Franse brood
’n Lang, dun witbrood met ’n bros kors.

Franse mosterd
’n Geurige mosterd wat nie te sterk is nie.

Franse pannekoek
’n Dun opgerolde pannekoek met ’n soet vulsel en bedek met fyn suiker.

Franse randtertdeeg
Franse randtertdeeg is ’n spesiale soort deeg wat gemaak word vir oop terte. (pâté sucrée)

Franse soetgebak (French pastry)
Dit verwys na éclairs, tertjies en klein koekies.

Franse slaaisous
’n Mengsel van rooi of wit asyn, olyfolie, knoffel, Franse mosterd en sout en peper.
Franse slaaisous resep

Franse tjops
’n Metode waardeur die vleis en die vet van die been van ’n skaaptjop gesny word.

frappé [fra-py]
’n Franse beskrywing vir verkilde kos of drank soos koffie of vrugtesap.

frapper [fra-pê]
Frans vir “om te verkil”.

friandise [frie-an-deen] (savoury patty)
Die Franse woord vir ’n sout pasteitjie.

friandise [frie-an-deez]
Die Franse woord vir soet lekkernye wat aan die einde van ’n maaltyd saam met koffie bedien word.

fricadelles [frie-ka-del]
Die Frans vir frikkadel.

fricandeau de veau [frie-kan-dou de wou]
Die Frans vir gelardeerde en gesmoorde of gebraaide kalfkruisskyf.

fries
’n Beesras wat veral gebruik word vir die lewering van melk, groot swartbont, soms rooibont.

fricassée [frie-kas-sy]
Frans vir ’n gereg van gestoofde wit fyn vleis wat met ’n witsous opgedien word. (frikassee)
Konynfricassée

frijol [vrie-gol]
Mexikaanse woord vir ’n boontjie.

frikassee
Frans vir ’n gereg van gestoofde wit fyn vleis wat met ’n witsous opgedien word. (fricassée)

frikasseer
Die kookproses waartydens voedsel in vet gesmoor, gestoof of gebraai word.

frikkadel (meatball)
’n Bolletjie gemaalde vleis, gewoonlik voorberei met brood en speserye daarin en dan gebraai.

frikkadelvleis
Vleis geskik vir die maak van frikkadelle.

frit [frie] (fried)
Frans vir “in olie gebraai”.

frittata
’n Italiaanse omelet wat gemaak word met eiers en ’n vulsel.
Frittata

fritto misto [frie-toe-mis-toe]
’n Italiaanse vleisgereg met lewer, kalfsvleis, artisjokke en seldery wat vlakgebraai word in botter. Dit word voorgesit met suurlemoen.

friture [frie-teur]
Frans vir ’n spesiale pan wat gebruik word om voedsel te braai; of vir gebraaide kos.

froetang
’n Eetbare saadvruggie van 'n grasagtige knolplant van die geslag Romulea.

froid [frwhad]
Frans vir “koud”.

froide [frwhad]
Frans vir “koud”.

fromage [fro-maazje]
Frans vir “kaas”.

frommel
Wanneer jy deeg tussen die vingers of hande vrywe.

frommels
Stukkies deeg wat fyngefrommel is.

fronteljak
’n Wit en rooi wyndruifsoort. Die naam is afgelei van 'n plek in Frankryk waar dit vandaan kom, Frontignan.

frost
Die Amerikaners gebruik die woord vir wanneer ’n koek versier word met ’n versiersel gemaak van eierwit en stroop.

frosting
Die Amerikaners gebruik die woord vir wanneer ’n koek versier word met ’n versiersel gemaak van eierwit en stroop.

fruit de mer [froei de mêr]
Frans vir “seekos”.

fruktose
’n Vorm van suiker.

frummels
Stukkies deeg wat fyngefrommel is.

fudge
’n Toffieagtige lekker gemaak van melk, suiker en botter.
Fudge


fugu
’n Klein giftige vissie wat baie gewild is in die Japanese kookkuns. In Afrikaans is dit beter bekend as ’n blaasoppie.

fumé [fu-my]
Frans vir “gerook”.

Fumé Blanc [fu-my blahn]
’n Franse beskrywing vir ’n witwyn gemaak van sauvignon blanc-druiwe. Meer algemeen bekend as Blanc Fumé.

fumet [fu-my]
Die Franse woord vir ’n gekonsentreerde aftreksel. In wynkunde word dit gebruik om te verwys na die aroma, boeket.
Vis fumet

fungo porcino
’n Groot sampioen met ’n sterk neutsmaak. (porcini, porcinosampioen, porcino)

fungus
’n Soort plant wat nie blare het nie, op ander plante en verrottende plantaardige stowwe groei en voortplant deur middel van spore.

fyngebak
Die kunstige voorbereiding van meelprodukte.

fynkonfyt
Konfyt wat so gekook word dat dit nie meer korrelrig is of stukke vertoon nie.

fynkookkuns
Die kuns van uitsonderlike disse op ’n fyn wyse voor te berei en voor te sit.

fynmaak (mash)
Die proses om fyn te maak of tot ’n pulp te verwerk.

fynproewer (epicure)
Iemand wat van goeie kos en wyn hou en gewoonlik spesiale kennis daarvan het. Ook bekend as ’n epikuris.

fynstamp
Om met ’n vysel en stamper tot ’n poeier of pasta te verwerk.

fynstowegereg (jugged)
’n Vleisgereg wat in ’n kasserol met ’n deksel gaargemaak word.



Wynwoordeboek

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

No comments :

Post a Comment