Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/24/2011

Babas au rhum

100 g rosyne, in rum geweek
100 g botter, buite die yskas laat staan om sag te raak
10 g droë gis
250 g koekmeel, gesif
4 eiers
25 g suiker
knippie sout

Meng die gis met 25 mℓ water.

Maak ’n hopie van die meel, met ’n holte in die middel. Gooi die suiker, die gismengsel, sout en 2 eiers daarin.
Meng alles saam tot dit ’n elastiese deeg begin vorm.
Breek nou nog ’n eier by en meng.
Breek nou die laaste eier by en meng.
Gooi die rum af van die rosyn en voeg die rosyne en die botter by die deeg. Meng goed.
Breek die deeg in 16 stukkies wanneer dit gereed is.

Smeer 16 dariole bakkies met botter.
Plaas ’n stukkie deeg in elke bakkie.
Bak by 200ºC vir 20 minute.

Keer die babas onmiddellik uit op ’n draadrak wanneer dit uit die oond kom.

Die stroop word gemaak deur 500 g suiker saam met ’n liter water te verhit. Roer aanhoudend tot die suiker opgelos is. Bring tot kookpunt.

Doop elke baba in die kokende stroop en los dit daar tot jy geen meer borrels sien nie. Plaas die babas terug op die draadrak, maar sorg dat daar ’n bak onder die rak is.

Sodra die babas effe afgekoel het doop jy hulle in rum en plaas terug op die rak. Die stroop wat in die bak versamel word weer oor die babas gegooi om te voorkom dat hulle uitdroog.

No comments :

Post a Comment