Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/25/2011

Baekenofe / Backenoff

500 g lamsvleis, in blokkies gesny
500 g varkvleis, in blokkies gesny
500 g beesvleis, in blokkies gesny
500 mℓ rooiwyn
1 ui, fyn opgesny
1 ui, heel, met 3 heel naeltjies daarin gesteek
2 knoffelhuisies, fyngedruk
bouquet garni
2 kg aartappels, geskil en in skywe gesny
250 g uie, geskil en in skywe gesny
botter

Meng die wyn, uie, knoffel en bouquet garni en marineer die vleis oornag daarin.

Smeer ’n swaarboom pot dik met botter en pak die aartappels, vleis en uie in hierdie volgorde in lae tot al die bestanddele op is.

Verwyder die heel ui en bouquet garni uit die marinade en gooi die sous in die pot. Dit moet net-net die boonste laag bedek. Indien die marinade te min is, vul dit aan met water.

Bak dit in ’n 160ºC oond vir 4 ure.

Tradisioneel word hierdie klassieke Franse gereg saam met ’n groen slaai bedien.

No comments :

Post a Comment