500 g maer kalfsvleis, in blokkies gesny
botter
1 liter velouté
3 eiergele
60 mℓ room
sout
peper
60 g botter
macaroni, gaar
gerasperde kaas
Braai die vleis bruin in botter en voeg daarna die velouté by. Prut vir ’n uur.
Verwyder die vleis uit die sop, sny dit baie fyn op en plaas dit terug in die sop.
Klop die eiergele en room saam en roer dit by die sop. Proe vir sout en peper.
Roer die 60 g botter by en ’n paar stukkies warm macaroni.
Bedien die sop met gerasperde kaas.
Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.
No comments :
Post a comment