Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/21/2011

Garnale in witwyn / Prawns in White Wine

Ek het 500 g garnale gehad toe ek hierdie resep probeer het. Dit is so eenvoudig, maar ek het net nooit voorheen daaraan gedink om garnale in wyn, plaas van water, te kook nie.

Ek het 2 liter witwyn tot kookpunt gebring saam met 'n lourierblaar - gedink dit is baie Frans van my om te blaar by te voeg. Is dit? Ek het ook 'n knypie sout en 'n knypie rooipeper bygevoeg.

Gooi die skoongemaakte garnale in die kokende wyn en kook vir 3 minute. Sit die plaat af en laat dit net so staan vir 5 minute.

Indien dit 'n warm dag is stel ek voor jy sit die garnale in die yskas, nadat dit afgekoel het.


Ek het dit bedien met Aïoli en skyfies suurlemoen.

My gaste was mal daaroor.

resep: Anneri

foto: Kevin Harber

No comments :

Post a Comment