500 g stowe beesvleis
1 varkoor
250 g ham
2 hoendernekke
500 mℓ boontjies, oornag in water geweek
250 mℓ lensies
sout
peper
Bring alles tot kookpunt in 2,5 liter water.
Laat vir 3 ure stadig kook.
Voeg die volgende bestanddele nou by:
½ kopkool, fyngekerf
1 ui, fyngekerf
’n hand vol pietersielie, opgekap
’n bietjie vars kruisement
’n stok seldery, fyngekerf
Kook tot die groente sag is.
Voeg nou 250 g chorizo by wat in stukkies gesny is. Bring die sop weer tot kookpunt.
Gooi die sop deur ’n sif. Verwyder die beesvleis, ham en chorizo. Hierdie vleis word apart saam met die sop bedien. Die sop word met croûtons bedien.
Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.
No comments :
Post a comment