Die prys van amandels maak dit deesdae duur Skotse witsop te maak, maar hier is die resep.
Stamp die volgende bestanddele fyn in ’n vysel:
250 g afgedopte amandels
die hardgekookte geel van 3 eiers
’n stuk gaar witvleis van ’n hoender
Gooi bogenoemde in 2 liter kokende hoendersop, ’n bietjie gerasperde suurlemoenskil en 2,5 mℓ neutmuskaat. Bring dit tot kookpunt en roer dan 250 mℓ room by. Kook oor baie lae hitte vir 2 ure.
Proe vir sout en peper.
Gooi die sop deur ’n sif en dien op so warm as moontlik.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
No comments :
Post a Comment