Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/24/2011

Ertjie-en-gorgonzola-risotto / Pea and Gorgonzola Risotto

30 ml olyfolie
300 g arborio
3 preie, fyn opgesny
250 ml witwyn
1 liter aftreksel
250 g bevrore ertjies
125 ml room
100 g gorgonzola, verkrummel
Die gerasperde skil van 2 suurlemoene
’n handvol pietersielie, opgesny

Verhit die olyfolie in ’n kastrol en braai die preie vir ’n minuut.

Gooi die rys by en roer aanhoudend, tot die rys deurskynend raak.

Gooi die wyn by en hou aan met roer tot al die fyn geabsorbeer is.

Draai die hitte af tot op medium en gooi 250 ml van die aftreksel by. Bly roer tot die aftreksel geabsorbeer is. Hou aan om 250 ml aftreksel op ’n slag by te voeg tot alles opgebruik is.


Gooi die ertjies by en kook vir 2 minute.

Gooi die res van die bestanddele by en roer tot alles goed vermeng en warm is.

Bedien dadelik saam met ’n groenslaai.

Jy kan jogurt in plaas van room gebruik vir ’n gesonder opsie. Die resep is geoeg vir 4 persone.

No comments :

Post a Comment