Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/25/2011

’n Mossel happie

Mossels is gemaak vir ’n happie. Sorg dat jy die mossels goed skrop en agterna afspoel in koue water.

Plaas die mossels eenkant om te dreineer terwyl jy olie en botter in ’n kastrol verhit. Gooi ’n paar salotte in wat jy baie fyn gesny het. Gooi die mossels in die pot, plaas die deksel op en laat staan so oor die hitte vir 12 minute.

Die mossels behoort nou oop te wees. Verwyder die kastrol van die hitte. Haal die mossels uit en haal dit uit die skulpe. Gooi die mossels terug in die kastrol. Die kastrol moet nou terug op die hitte en nou roer jy so 5 mℓ vars, gekapte pietersielie by. Prut vir 3 minute.

Bedien die mossels koud met sauce ravigotte. Jy kan dit ook as voorgereg bedien.

No comments :

Post a Comment