15 mℓ olie
1 kg hoenderfilette, in blokkies gesny
2 uie, fyn opgesny
20 mℓ garam masala
20 mℓ gemaalde koljander
15 mℓ opgesnyde knoffel
15 mℓ opgesnyde, vars gemmer
20 mℓ rissiepoeier
5 mℓ sout
3 kardemom sade
5 swart peperkorrels
150 mℓ gewone jogurt
30 mℓ tamatiepuree
75 mℓ water
75 mℓ melk
2 lourierblare
10 mℓ mielieblom (Maizena)
200 mℓ room
vars koljander
Verhit die botter en olie saam in ’n kastrol en braai die hoender bruin daarin.
Verwyder die hoender uit die kastrol en meng met die garam masala, koljander, knoffel, gemmer, rissiepoeier, sout, kardemom, peper, jogurt en tamatiepuree.
Braai die uie in dieselfde kastrol tot dit goudbruin en sag is.
Voeg die hoendermengsel by die uie. Gooi die melk en water by, plaas die lourierblare in die kastrol en prut vir 30 minute. Roer gereeld.
Meng die mielieblom met die room en voeg by die hoender. Prut vir nog 15 minute.
Garneer die gereg met vars koljander wanneer jy dit bedien.
Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.
No comments :
Post a Comment