Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/14/2011

Sauce ravigote

Sauce ravigote is ’n klassieke Franse sous wat ’n warm en koue weergawe het.

Die basis van die warm weergawe is ’n velouté. Jy het gelyke hoeveelhede velouté, witwyn en wynasyn nodig.

Kook die witwyn en wynasyn saam met 3 gekapte salotte tot die vloeistof met omtrent die helfte verminder. Roer dit by die velouté saam met ’n ½ teelepel gekapte tarragon, 1 teelepel gekapte pietersielie en 2 teelepels gekapte kerwel.

Vir die koue weergawe klop jy 60 mℓ olyfolie saam met ’n paar druppels tarragonasyn, ’n paar druppels suurlemoensap en ’n teelepel Dijon-mosterd. Wanneer die dik is roer jy die volgende by: ’n ½ teelepel gekapte tarragon, 1 teelepel gekapte pietersielie, 2 teelepels gekapte kerwel, 1 klein ui wat baie fyn opgesny is en ’n teelepel gekapte kappertjiesaad.

No comments :

Post a Comment