8 eiers, gekook, afgeskil, gehalveer en die geel verwyder
125 mℓ swart olywe, ontpit
8 ansjovisfilette
2,5 mℓ mosterdpoeier
15 mℓ kappertjiesaad
olyfolie
peper
15 mℓ brandewyn
Plaas die eiergele, ansjovis, mosterd, kappertjiesaad, peper en brandewyn in ’n voedselverwerker. Terwyl dit fyngemaak voeg jy die olyfolie in ’n dun straaltjie by tot dit amper soos ’n tipe stywe mayonnaise begin lyk. Vul die eiers met die mengsel.
’n Alternatiewe manier om dit as happie te bedien is om die eierwit fyn te sny en dit by die mengsel te roer. Smeer dit dan op roosterbrood.
Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.
No comments :
Post a comment