Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/25/2011

Rog met botter

Die lekker manier om rog gaar te maak is om dit in court bouillon te posjeer. Net die “vlerke” van die rog word geëet.

Was 1 kg rog en sny die “vlerke” in driehoeke. Plaas dit in ’n liter court bouillon waarby jy 30 mℓ asyn gevoeg het. Bring tot kookpunt en laat vir 20 minute prut.

Dreineer die vis en krap die vel versigtig af.

Smelt 90 g botter in ’n pan en gooi dit oor die vis sodra dit lyk asof die botter wil verkleur. Strooi sout en peper oor.

Kook 60 mℓ asyn in dieselfde pan tot dit met die helfte verminder het. Gooi oor die vis.

Garneer die vis met pietersielie en bedien saam met aartappels.

In plaas van botter kan rog ook met aïoli bedien word.

No comments :

Post a Comment