Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/17/2011

Hoender en barbouille / Poulet en barbouille

Coq au vin is ’n bekende manier om hoender voor te berei op die Franse manier. Daar is egter ’n Franse alternatief hiervoor, hulle noem dit poulet en barbouille. Vir dié resep moet jy ’n hoender laat slag, want hulle moet die hoender se bloed vir jou opvang. Of jy kan jou slagter vra of hy nie vir jou varkbloed het vir die resep nie. Gooi ’n bietjie asyn by die bloed om te voorkom dat dit stol.

Sny die hoender in kwarte en verbruin dit in 60 mℓ olie in ’n diep swaarboompot. Verwyder die hoender en dreineer.

In dieselfde olie braai jy 125 g spek saam met 2 hande vol klein uitjies. Verwyder die spek en uie en dreineer eenkant.

Sny 250 g sampioene in kwarte en braai in die pot tot dit nie meer vloeistof afgee nie. Gooi die spek en uie terug in die pot en strooi ’n bietjie meel oor. Strooi ook sout en peper oor en gooi 200 mℓ rooiwyn by. Bring alles tot kookpunt en sit dan ’n fyngesnyde knoffelhuisie, ’n bouquet garni en die hoender in die pot. Plaas die deksel op en prut stadig vir ’n uur.

Teen die einde van die kooktyd roer jy ’n bietjie van die sous uit die pot by die bloed. Gooi dan die bloed by die gereg en roer, sodat alles goed meng. Kook net tot alles warm is.

Verwyder die bouquet garni, proe vir sout en peper en dan is die gereg gereed om bedien te word.

Die resep word ook vir haas gebruik.

No comments :

Post a Comment