Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/10/2011

Sago, koejawel en piesang poeding / Sago, Guava and Banana Pudding

Hierdie poeding stol nie. Dit is ’n sagte, melkerige nagereg wat koud bedien moet word op ’n warm dag.

180 ml sago, geweek in water
1,5 liter melk
250 mℓ room
1 blikkie ingedampte melk (Ideal Milk)
375 ml suiker
1 blik koejawels, stukkend gedruk
5 piesangs, in skywe gesny

Kook die melk en sago saam tot die sago begin deurskynend raak.
Roer die suiker by tot dit opgelos is, terwyl dit prut.
Laat afkoel.

Meng die room en ingedampte melk. Meng met die sago, koejawels en piesang.

No comments :

Post a Comment