Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/13/2011

Niertjiesop

Was drie skaapniertjies in koue water, dompel vinnig in kookwater en trek dan die buitenste vlies af. Sny die niertjies middeldeur en verwyder die wit buisies en vet. Sny die twee helftes in dik kywe. Geur met sout en peper en strooi 15 ml meel oor. Gooi 'n koppie kookwater by en stowe dit oor lae hitte vir 'n uur.

Verwyder die niertjies en sny nog fyner. Plaas die niertjies terug en voeg 2,5 liter bouillon by saam met die volgende:

2 rape, in blokkies gesny
2 uie, in blokkies gesny
2 wortels, in dun skywe gesny
'n handvol gekapte pietersielie
2 stingels seldery, in skyfies gesny
1 knoffelhuisie, in dun skywe gesny

Geur met nog sout en peper, indien nodig.

Kook stadig vir 'n uur.

Voeg 200 ml rooiwyn by en verhit tot dit deurwarm is.

Braai klein sampioene en gooi 'n paar in elke sopbord voor jy dit bedien saam met botter en rogbrood.

No comments :

Post a Comment