Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/05/2011

Rogsop

Jy het 2 liter court bouillon nodig vir rogsop.

Jy het 'n halwe kg rogvlerke nodig vir die resep. Hang die vlerke vir 6 uur op om goed uit te droog. Sny dit dan in stukke en plaas in 'n kastrol saam met die court bouillon. Laat dit stadig kook vir 'n uur.

Voeg 'n gekerfde ui by en 2 rape, 2 wortels en 2 stokke seldery wat in blokkies gesny is. Plaas ook 'n handvol gekapte pietersielie in die pot. Kook tot die vloeistof met die helfte verminder het.

Gooi die sop deur 'n sif en plaas die vloeistof terug in die pot en hou die hitte laag. Klits 2 eiergele saam met 250 ml room en roer dit by saam met 250 ml witwyn en 5 ml tamatiepuree. Geur met sout en peper.

Bedien die sop warm.

No comments :

Post a Comment