Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/27/2011

Tongvis caprice

4 tongvisfilette, skoongemaak
1 suurlemoen
30 mℓ meel
1 eier, geklits
broodkrummels
45 mℓ botter
15 mℓ olie
sout en peper
piesangs
pietersielie

Halveer die suurlemoene, sny 2 plat skywe vir garnering en druk die sap uit die res.

Geur die filette met sout en peper en die helfte van die suurlemoensap.

Neem twee blaaie foelie en strooi die meel op die een en broodkrummels op die ander. Sout en peper op albei.

Rol die vis eers in die meel, doop dit in die eier en rol dit dan in die broodkrummels. Maak seker dat die vis goed bedek is.

Verhit die olie en botter saam in ’n pan en braai die vis aan beide kante bruin daarin.

Dreineer die vis op kombuispapier en hou warm.

Skil en halveer die piesangs. Gooi die res van die suurlemoensap daaroor. Braai dit liggies in die pan tot sag, maar dit moet nie breek nie.

Plaas ’n halwe piesang op elke filet, garneer met die suurlemoenskywe en pietersielie en bedien dadelik.

No comments :

Post a Comment