Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/26/2011

Geposjeerde salm

Geposjeerde salm kan warm of koud bedien word. Indien jy dit koud bedien, maak seker dit is baie koud.

Jy gebruik nie filette nie, maar eerder 'n heel vis of 'n stuk wat net so uit 'n heel vis gesny is.

Jy het 'n visketel nodig, maar 'n groot kastrol kan ook werk. Die ketel moet 'n rak bevat, anders kan jy die vis mooi netjies vasbind met tou.

Maak genoeg court bouillon om jou vis te bedek. Plaas die vis daarin en sorg dat die bouillon net net prut. Plaas die deksel skeef op. Kook die vis vir 15 minute (vir 'n 750 g stuk). Druk 'n sosatiestok of breinaald in die vis om te sien of dit gaar is.
Dreineer die vis.

Indien jy dit warm bedien moet jy sorg dat die vis op 'n baie warm bak lê. Bedien dit saam met 'n hollandaise sous, gekookte aartappels en 'n komkommerslaai.

Indien jy dit koud bedien is mayonnaise en komkommerslaai gepas.

Forel werk net so goed vir hierdie resep.

No comments :

Post a Comment