Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

11/11/2011

Hoender in bier

1,25 kg hoenderstukke
botter
2 salotte, gekap
45 ml gin
450 ml bier
90 ml room
bouquet garni
sout
'n knippie fyngekapte rissie
250 g sampioene, in skywe gesny
1 eiergeel
gekapte pietersielie

Smelt botter in 'n kastrol en braai die hoender bruin.

Voeg die salotte by en braai verder tot die salotte bruin is.

Gooi die gin oor die hoender en steek dit aan die brand.
Voeg die bier, 45 ml van die room, die bouquet garni, sout, die rissie en die sampioene by.
Bedek die kastrol en laat dit prut vir 45 minute.

Verwyder die hoender uit die sous en rangskik dit op die bak waarop jy dit wil bedien. Hou warm.

Verwyder die bouquet garni uit die sous en voeg die res van die room by.
Kook die sous tot dit met die helfte verminder het.

Klop die eiergeel apart saam met 'n bietjie van die sous.
Voeg by die res van die sous en meng goed, terwyl jy dit verhit.

Gooi die sous oor die hoender en strooi pietersielie oor.

Bedien die hoender saam met aartappels.

No comments :

Post a Comment