Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/28/2011

Spaghetti Napolitana

30 ml botter
1 ui, fyn opgesny
15 ml meel
200 ml aftreksel
500 g tamaties, geskil, die saad verwyder en opgesny
2 knoffelhuisies, fyn opgesny
5 ml tamatiepuree
1 lourierblaar
knypie suiker
sout na smaak
varsgemaalde swartpeper

Smelt die botter en braai die ui vir 3 minute.

Voeg die aftreksel, tamaties, knoffel, puree, suiker, lourierblaar, sout en peper by.
Bring tot die punt waar dit kook, terwyl jy gereeld roer. Draai die hitte dan af en prut vir 30 minute.



Verwyder die lourierblaar en bedien dit op spaghetti. Spaghetti Napolitana moet baie warm bedien word. Meeste pastasoorte is geskik vir die sous.


(die resep is genoeg vir 3 persone)

No comments :

Post a Comment