2 salotte, fyn opgesny
1 knoffelhuisie, fyn opgesny
5 ml vars, fyngesnyde pietersielie
100 g sampioene, baie klein opgesny
witwyn
sout en peper
15 ml olyfolie
makriel, skoongemaak
olyfolie om die vis mee te braai
Plaas al die bestanddele, behalwe die vis, olyfolie en sout en peper, in ’n pan en gooi genoeg witwyn by om alles te bedek. Kook stadig vir 20 minute.
Geur met sout en peper en klop die olyfolie by.
Braai die makriel stadig in olyfolie vir 25 minute.
Gooi die sous oor die vis wanneer jy dit bedien.
(foto Yulia)
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
No comments :
Post a Comment