Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/01/2012

Labneh

Labneh is ’n sagte Lebanese kaas.

Geur 500 g Griekse jogurt met sout.
Gooi die jogurt in ’n moeselien doek, bring al die punte van die doek saam en bind dit vas met tou. Jy kan nou die tou sommer aan ’n houtlepel vasbind, sodat jy die doek oor ’n glasbak kan hang. Laat dit so hang in jou yskas vir 5 dae.

Verwyder die kaas uit die doek en rol dit in klein balletjies. Plaas die balle in ’n gesteriliseerde fles saam met olyfolie, 10 peperkorrels, ’n takkie tiemie en ’n rissie wat ontpit en fyn opgesny is. Laat die kaas vir ten minste ’n week marineer voor jy dit gebruik.

Die kaas is heerlik op brood, veral pita’s.


No comments :

Post a Comment