Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

2/02/2012

Griestorte

'n Griestorte is 'n ligte, broskoek wat met semolina gebak word.

6 eiers, geskei en die eierwitte styfgeklop
225 g strooisuiker
Sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen
110 g semolina
28 g fyngekapte amandels
versiersuiker
fyn gerasperde sjokolade

Vulsel:
400 mℓ geklopte room, gegeur met 3 druppels vanieljegeursel en versoet met 5 mℓ strooisuiker
250 mℓ ingelegde vrugte van jou keuse of ryp sagtevrugte

Smeer die bome en kante van 2 laagkoekpanne met 'n deursnee van 20 cm elk met botter. Voer die kante uit met bakpapier en smeer dit dan ook met botter.
Strooi 'n fyn lagie strooisuiker in die panne, gevolg deur 'n fyn lagie meel.

Meng die eiergele en strooisuiker met 'n houtlepel tot dit lig van kleur raak.
Voeg die suurlemoensap by en klop tot dik.
Roer die suurlemoenskil, semolina en amandels by.
Vou die eierwitte met 'n metaallepel in die mengsel.

Skep die mengsel in die panne en bak 50 minute by 180°C.

Die koek sal hoog rys en dan weer sak. Dit moet so maak. Moet net nooit die oonddeur oopmaak tydens die baktyd nie.

Laat die koek afkoel en sny dit dan middeldeur.
Vul dit met die room en 'n laag vrugte. Maak die koek toe en strooi 'n dik laag versiersuiker oor die koek wat jy dan versier met die gerasperde sjokolade.

No comments :

Post a Comment