Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

2/24/2012

Spanakopita

Spanakopita is 'n Griekse pastei met spinasie en feta. Dit is baie gewild in Suid-Afrika. Dit kan as een groot pastei voorberei word of as klein fillo-pakkies.

Hierdie resep maak omtrent 2 groot pasteie of 100 klein driehoekies.

1,25 kg spinasie, opgekap nadat dit gewas en gedroog is
125 mℓ olyfolie
4 uie, in blokkies gesny
2 bossies sprietuie, in stukkies gesny
125 mℓ vars gekapte pietersielie
125 mℓ vars gekapte dille
'n knypie gemaalde neutmuskaat
sout en varsgemaalde swartpeper
4 eiers, liggies geklop
250 g feta, gekrummel
250 g ricotta, gekrummel
60 mℓ gesmelte botter
nog 60 mℓ olyfolie
500 g fillodeeg, in velle (jy koop dit so by die supermark)

Jy begin deur jou pakkies fillodeeg uit die vrieskas te haal.

Verhit die 125 mℓ olyfolie in 'n pan.
Braai die uie en sprietuie tot sag.
Voeg die spinasie, dille en pietersielie by en kook vir 10 minute.
Voeg die neutmuskaat by en geur met sout en peper.
Laat die mengsel eenkant om af te koel.
Meng die eiers, feta en ricotta in 'n groot mengbak. Voeg die afgekoelde spinasiemengsel by.

Meng die 60 mℓ olyfolie met die gesmelte botter en verf twee oondpanne uit met 'n bietjie daarvan.

Rol die ontdooide fillodeeg versigtig oop. Jou deeg moet nie uitdroog nie. Wanneer jy een vel afhaal om mee te werk moet jy die res met waspapier en dan 'n klam doek bedek. Knip die velle met 'n skêr indien dit te groot is vir jou oondpan.

Lê 10 velle in die bodem van elke oondpan. Verf elke vel met jou mengsel van olyfolie en botter.
Verdeel die helfte van die spinasiemengsel tussen die oondpanne en gooi dit op die velle. Maak dit mooi glad.
Bedek die spinasie nou ook met 10 velle fillodeeg. Verf ook elke vel met jou mengsel van olyfolie en botter.

Bak by 180°C tot dit goudbruin raak. Dit neem omtrent 25 minute.

No comments :

Post a Comment