Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

4/29/2012

Salotbotter / Bercy-botter

Bercy is 'n deel van Parys wat lank die grootste wynmark in Europa gehad het. Hierdie resep het waarskynlik sy oorsprong gehad in een van die talle klein restaurante wat aan die begin van die 19de eeu in die gebied bedryf is. Die restaurante was veral bekend vir visgeregte. Die botter is dan ook perfek vir vis, maar is net so geskik vir vleis. Drup die botter oor geroosterde vis of vleis of bedien dit apart.

500 g murg, in blokkies gesny
20 mℓ fyn opgesnyde salotte
200 mℓ droë witwyn
200 g botter, gesmelt
20 mℓ vars gekapte pietersielie
die sap van ½ suurlemoen
2,5 mℓ sout
'n draai varsgemaalde swartpeper

Posjeer die murg vinnig in soutwater en verwyder dit.

Voeg die salotte en wyn by die oorblywende vloeistof, terwyl jy wag dat dit afkoel.

Wanneer die vloeistof afgekoel is gooi jy die botter, murg en res van die bestanddele by.




(Foto: Jean-Louis Zimmermann)

No comments :

Post a Comment