Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

4/19/2012

Salm geposjeer in witwyn en kruie / Salmon poached in White Wine and Herbs

Die bestanddele is genoeg vir 1 kg salm. Die salm moet skoongemaak wees, met net die vel aan die een kant van die filette.

150 mℓ witwyn (sauvignon blanc)
40 mℓ vars gekapte dille
40 mℓ vars gekapte pietersielie
2 stingeluie, fyn opgesny
sout en varsgemaalde swartpeper

Meng die wyn, kruie en uie en laat dit stadig prut in 'n pan wat groot genoeg is vir die filette. Die pan moet 'n deksel hê.
Wanneer die mengsel prut plaas jy die salm in die pan. Prut stadig vir 20 minute.

Strooi die swartpeper en (goeie) sout oor voor jy dit bedien.

No comments :

Post a Comment