Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/17/2012

Aartappelgebak met gerookte salm en crème fraîche

40 mℓ botter
4 aartappels, in dun skywe gesny
250 g gerookte salm, in stukkies geskeur
'n hand vol grasuie, gekap
die skil van 2 suurlemoene
60 mℓ gerasperde parmesaan
250 mℓ crème fraîche
250 mℓ room
sout en peper na smaak

Smeer 'n oondbak en vul dit met afwisselende lae van aartappel, salm, grasuie, suurlemoenskil en parmesaan.

Meng die crème fraîche en room en geur met sout en peper.
Gooi dit oor die lae aartappels.
Bedek die bak met foelie en bak by 180°C vir 1 uur.
Verwyder die foelie en bak nog 15 minute.

Bedien saam met 'n groenslaai.

No comments :

Post a Comment