Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/16/2012

Bigos / Jagtersbredie

Bigos is 'n Poolse dis. Dit staan ook bekend as jagtersbredie. Basies is dit afwisselende lae kool en oorskiet vleis wat baie lank in bouillon gekook word.

4 kg witkool, skoongemaak
gaar oorskiet vleis, in plat skywe gesny sovêr moontlik
4 appels, geskil, die kern verwyder en in blokke gesny
2 uie, opgekap
80 mℓ botter
bouillon
roux / witsous

Plaas die kool in 'n kastrol en bedek met koue water. Bring tot kookpunt.

Verwyder die kool uit die kastrol en dreineer dit.
Meng die kool met die appel en uie.

Smelt die botter in die kastrol en pak dan 'n laag van die koolmengsel op die bodem. Volg met 'n laag vleis en hou so aan met afwisselende lae tot die kastrol tot amper bo vol is.
Gooi genoeg bouillon oor die lae om dit te bedek. Plaas die deksel op en bak dit in 'n 180°C oond vir 1½ uur.

Intussen meng jy 'n bietjie van die bouillon met 'n bietjie roux. Na die 1½ gooi jy dit in die kastrol. Bak dan die bigos vir nog 30 minute.

No comments :

Post a Comment