Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/15/2012

Gesmoorde vleis

Goedkoop vleissnitte is gewoonlik taai en meer geskik vir smoor.

Smoor maak nie net die vleis sag nie, maar sorg ook vir 'n lekker geurige sous.

So min as moontlik vloeistof moet gebruik word tydens die smoor van vleis, dit moet in 'n pot gesmoor word wat 'n deksel het wat goed pas en die pot moet in jou oond pas. Dit word in die oond gedoen sodat die vleis hitte van bo en onder kan kry.

Die basiese proses vir die smoor van vleis of wild verloop as volg:

Verhit 40 mℓ olie in jou pot.
Wanneer dit begin rook plaas jy die vleis in die pot en braai dit bruin aan alle kante.
Verwyder die verbruinde vleis uit die pot.

Draai die hitte so laag as moontlik en gooi 500 mℓ opgesnyde groente (byvoorbeeld uie, wortel, seldery en soetrissie) in die pot, plaas die deksel op en smoor dit vir 5 minute lank.

Plaas nou die vleis op die groente, geur met sout en peper en plaas 'n bouquet garni in die pot.
Gooi die vloeistof by soos in jou resep aangedui word. Die vloeistof behoort so 5 tot 7 cm van die bodem af te lê.
Plaas die deksel op en plaas en plaas in 'n 160°C-oond vir die tyd soos in die resep aangedui. Die tyd hang af van die grootte van die vleis. Dit moet 20 minute per 450 g wees plus 'n ekstra 20 minute. So sal 'n 900 g boud byvoorbeeld (2 x 20 minute) + 20 minute = 1 uur in die oond wees.
Jy moet af en toe die vleis bedruip en omdraai.

Verwyder die vleis uit die sous en skep die vet af en gooi dit deur 'n sif. Gooi die groente op jou komposhoop. Al wanneer jy die groente saam met die vleis bedien is wanneer die gaarmaakproses kort was en die groente nog geur behou het.

Jy kan die sous saam met die vleis bedien. Voor dit bedien word kan dit met beurre manié verdik word.

Vleissoorte wat geskik is vir smoor:

Beesvleis:
stert
bolo
nek
borsstuk
boud
lewer
hart
pens

Varkvleis:
skenkel
borsstuk
dikrib
lewer
hart
pens

Skaapvleis / Lamsvleis:
nek
lies
borsstuk
dikrib
blad
lewer
hart
pens

Wild:
rugstring
boud
lewer
hart
pens

Wildvoëls:
patryse
fisante
duiwe
tarentale
ou hoenderhane

2 comments :

  1. Anonymous9/5/14 14:29

    Hoe maak mens takbokvleis gaar

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous15/5/14 12:30

      Waarskynlik soos gewone wild.

      Delete