Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/02/2008

R - Glossarium, Woordelys van Kookterme - voedsel en wyn

(Hou jy van ons hulpbronne? Oorweeg asseblief ’n donasie in Bitcoin: 179nZqSyFmYPcvu4ZU733PgXBKUYXcy9DD)

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

raap (turnip)
’n Raap is ’n tipe wortelgroente met ’n effense soet smaak.
Raap- en appelgebak

raapkool
’n Groentesoort met klein, koolagtige koppies aan die stingel. (knolkool, koolraap)

raapolie
Olie uit rape gepers.

raaptol
’n Soort eetbare knol. (raapuintjie)

raapuintjie
’n Soort eetbare knol. (raaptol)

rabarber
’n Plant waarvan die blaarstingels en stele eetbaar is.
Rabarber

rabatbrandewyn
Wynspiritus van wyn.

rabatwyn
Wyn geproduseer volgens voorskrifte om tot rabatbrandewyn gestook te word.

raclette [ra-klet]
Raclette is ’n outydse weergawe van fondue wat baie gewild is in Switserland. Dit is oorspronklik van die Valais kanton. Die kaas word gesmelt in ’n spesiale raclette-oond en afgeskraap soos dit smelt en geëet saam met aartappels, agurkies en ingelegde uie. Die skil van die kaas wat uiteindelik oorbly is baie gesog en staan bekend as die religieuse. Die kaas wat gebruik word, is tradisioneel Bagnes. Dit is ook algemene gebruik om ’n witwyn van Valais, Fendant, saam met raclette te bedien.

radicchio
’n Soort sigorei met pers-enwit-blare en ’n effens bitter smaak. (Italiaanse sigorei)

radis [ra-die]
Frans vir “radys”.

radys (radish)
’n Plant met rooi of wit eetbare knolletjies met ’n skerp smaak.
Lemoen-en-radys-slaai

rafelvark (pulled pork)
Dit verwys na ’n taai stuk varkvleis wat stadig gekook is oor ’n lae temperatuur tot dit so sag is dat die vleis uitmekaargetrek kan word.

ragout
’n Franse bredie met vleis, pluimvee, wild, vis of groente wat in ewe groot stukke en vorms gesny is. Dit is gekook in ’n dik sous. Dit is afgelei van die Franse woord "ragoût". Daar is twee tipes, ’n bruin ragout en ’n wit ragout. In ’n wit ragout word die vleis nie verbruin nie.

ragoût [ra-ghoe]
’n Franse bredie met vleis, pluimvee, wild, vis of groente wat in ewe groot stukke en vorms gesny is. Dit is gekook in ’n dik sous. Daar is twee tipes, ’n bruin ragout en ’n wit ragout. In ’n wit ragout word die vleis nie verbruin nie.

ragù
’n Sous met maalvleis, uie, tamatiepuree en rooiwyn. Dit word gewoonlik saam met pasta bedien.
Tagliatelle con Ragù alla Bolognese

raie [rê]
Frans vir “rog”.

raifort [ry-fôr]
Frans vir “peperwortel”.

raisin [ry-zihn]
Frans vir “druif”.

raisin blanc
’n Soort witdruif.

raita
’n Indiese bykos/doopsous van rou groente gemeng met ongegeurde jogurt.
Raita

rakmelk
Melk gepasteuriseer teen ’n ultra-hoë temperatuur om skadelike bakterieë te vernietig en aan die melk ’n lang raklewe te gee.

ramekin
’n Klein oondvaste bakkie waarin ’n enkele porsie van ’n gereg berei en voorgesit word. (ramekinbakkie)

ramekinbakkie
’n Klein oondvaste bakkie waarin ’n enkele porsie van ’n gereg berei en voorgesit word. (ramekin)

ramenas
’n Plant waarvan die wortel as ’n kruid gebruik word. (peperwortel)

ramequins au fromage [ram-kihn ou fro-mazje]
’n Klein Franse kaasflan.

randkoek
’n Oop koek met ’n rand waarin vulsel voorkom.

randtert
Randterte is oop terte gemaak van broskorsdeeg of Franse randtertdeeg bekend as pâté sucrée.
Randtert

randtertring
’n Metaal ring wat gebruik word vir die bak van randterte. Daar word onderskei tussen die Engelse ring en die Franse ring. Die Engelse ring is 2,5 cm hoog en word gewoonlik gebruik vir soutterte. Die Franse ring is 2 cm hoog en word gewoonlik gebruik vir vrugterandterte. Randterte kan ook in 'n losboom-laagkoekpan gemaak word, maar dan moet die tert eers heeltemal koud word voor dit verwyder word, anders breek die kors. 'n Randtert word gewoonlik op 'n vlak bord bedien.

raponsie (rampion root, salsify)
’n Knolagtige witwortel.

rasper
Om kos in klein stukkies te sny deur dit teen ’n rasper te vryf.

rassol
Die vloeistof waarin dille-komkommers gepreserveer word.

rassol’nik
’n Russiese sop gemaak van puimveeafval, niertjies, groente en gegeur met rassol en suurroom.

ratafia
Ratafia is ’n likeur wat uit brandewyn of gegiste suikersap berei word en met sap van blomme of vrugte gegeur is. Dit is ook die naam van ’n koekie, so groot soos ’n knoop, wat hoofsaaklik bestaan uit eierwit, suiker, gemaalde amandels, amandelpasta en klapper.
Ratafia van appelkoospitte

ratatouille [ra-ta-toe-jee]
’n Franse groentegereg van eiervrug, uie, murgpampoentjies, soetrissies, tamaties en knoffel. (ratjietoe)
Ratatouille

ratjietoe
’n Franse groentegereg van eiervrug, uie, murgpampoentjies, soetrissies, tamaties en knoffel. (ratatouille)
Ratatouille

ravigote [ra-wie-ghôt]
’n Franse slaaisous gemaak van olie, asyn, hardgekookte eiers, salotte, kappertjiesaad en kruie.

ravioli [ra-wie-o-lie]
Vierkantige sakkies pasta met ’n vulsel van groente of vleis. Afgelei van rabiole wat verwys na stukkies oorskiet. Dit is oorspronklik van Liguria in Italië en is gebruik om oorskiet kos op ’n ander manier te bedien.

réchaufflé [rê-sjo-flê]
’n Franse woord vir die verhitting van kos wat voorheen warm was.

reduksie
’n Sous wat tot ’n ryk, dik stroop afgekook is.

reep (rasher)
’n Dun snytjie spek.

regsny (trim)
Om vis, vleis, pluimvee of groente netjies te sny vir gaarmaak.

rekonstitueer
Om vloeistof by ontwaterde voedsel te voeg of om ontwaterde voedsel in vloeistof te week.

relevé [re-le-wy]
’n Spesery gegeurde, sterk Franse sous.

rémoulade [ry-moe-laad]
’n Koue, geurige Franse sous gemaak met mayonnaise, dragon, kerwel, agurkies, kappertjjiesaad, mosterd en ansjovis.

rendang
’n Indonesiese kerrie wat in klappermelk afgekook word.

rens
Effens suur.

repère [re-pêr]
Franse woord vir ’n pasta van meel en water wat gebruik word om potte te seel.

resep
Aanwysing vir die bereiding van voedsel.

resepteboek
’n Handboek oor die kookkuns, wat resepte bevat. (kookboek)
Resepteboeke

restaurant
’n Openbare plek waar kos en drank voorgesit word.

restourant
Lees restaurant.

reusel
Vetweefsel in die buik van diere, veral varke.

revenir [re-we-neer]
Frans vir om iets vinnig te verbruin in vet of olie.

Rhine Riesling
’n Druifsoort gebruik vir die maak van droë tot halfsoet wyn. (Weisser Riesling)

rib
Die sykant van die borskas met ribbebene van ’n geslagte dier.

rib-oogskyf (rib eye steak)
Filet gesny van die voorkwart.

ribbok
’n Soort wildsbok wat in die berge voorkom.

ribbokhaas
’n Grysbruin knaagdier met ’n pels, gesplete bolip, kort stert, lang ore en lang agterbene, Lepus europaeus.

ribfilet
’n Ontbeende vleisstuk uit die ribgedeelte van ’n bees of skaap. (lendestuk)

ricotta
’n Italiaanse kaas. Dit word as ’n byproduk in die vervaardiging van ander kase gemaak. Die kaas het ’n krummelrige tekstuur.

Riesling
’n Aromatiese Duitse druifsoort gebruik vir witwyne.

rietbok (reedbuck)
’n Groot wildsbok wat in digbegroeide vleie naby riviere hou.

rietbul
’n Baarsagtige stekelvinvis, Johnius hololepidotus, met ’n blouerige swart bosy, silwerige ondersy, gladde skubbe en geronde stertvin, aangetref om die Suid-Afrikaanse kus, by Australië, in die Atlantiese Oseaan en in die Middellandse See. Die naam word ook gebruik vir ’n sagvinnige Noord-Atlantiese roofvis, Gadus morrhua, wat lewertraan as byproduk lewer.
Die vis is beter bekend as kabeljou. (boerkabeljou, kob)

rietspiritus (cane spirits)
’n Alkoholiese drank vervaardig uit suikerriet.

rietsuiker (cane sugar)
Suiker wat uit suikerriet verkry word.

rijstafel
Die rijstafel is ’n versameling geregte van Indonesiese oorsprong wat aanvanklik deur die Nederlanders hul eie gemaak is en later ook in Suid-Afrika deel van die plaaslike kookkuns geword het. Die geregte weerspieël die Indonesiese eilande se kulturele verskeidenheid.

ris d’agneau [rie dan-jou]
Frans vir “lamsoetvleis”.

risoni
’n Soort pasta wat in kort stukkies gesny is en lyk soos groot ryskorrels.
risool
’n Klein Russiese vleisfrikkadelletjie. (bitok, bitki)

risotto
Dit is ’n algemene Italiaanse gereg wat bestaan uit ’n spesifike tipe rys wat gekook word tot dit romerig is. Die gereg bevat ook gewoonlik uie, botter en parmesaan.
Aspersie risotto

rissie (chilli, chili)
Die vrug van ’n plant waarvan die pitte en / of die vlees gewoonlik brand. (brandrissie)

rissiepit
Pit ’n rissie.

riz [rie]
Frans vir “rys”.

Robert-sous [ro-bêr]
’n Franse demi-glace-sous met uie, mosterd en witwyn.
Robert-sous

roemer
’n Groot, bolvormige drankglas.

roer (stir)
Met iets omwoel.

roerbraai (stir-fry)
’n Chinese metode van kos vinnig oor hoe hitte gaarmaak in ’n pan terwyl jy dit bly roer.

roereier (scrambled eggs)
Eier wat geklits word met of sonder melk, room, en met geurmiddels en in botter in ’n pan gaargemaak word terwyl daar stadig met lang hale geroer word vir ’n sagte, romerige tekstuur.
Roereier resep / Oeufs brouillés
roerspaan
’n Spaan waarmee iets omgeroer word.

roetie
Lees roti.

rog
Rog is ’n graansoort of ’n haai met ’n plat lyf. (skeet, vleet)

rogbrood
’n Geurige brood gemaak van rogmeel.
Rogbrood

rognon [rô-njon]
Frans vir “niertjie”.

Rohhack
’n Oop Duitse broodjie met maalvleis daarop, gemeng met speserye.

rohrnudeln
Rohrnudeln is ’n soort soet gebak wat van gisdeeg berei en voor die bakproses in kluitjies gevorm word. Dit word met of sonder ’n vulsel bedien. (einback, wuchteln, ofennudeln, buchteln)

rokerig
Met ’n rokerige smaak.

rokery
’n Plek waar vis of vleis gerook word.

roket
Roket is ’n eetbare plant, Eruca sativa. Dit word veral in slaai gebruik. (damasblom)

rolkoek
’n Plat, dun koek wat opgerol word nadat dit aan een kant met konfyt gesmeer is.
Rolkoek

rollade
’n Stuk vleis wat ontbeen en opgerol is, en met penne of tou bymekaargehou word. (rolstuk)

rolmop
Gevulde haring gemarineer in asyn.

rolpens
’n Stuk pens met maalvleis en kruie gevul, dan opgerol en opgewerk.

rolpoeding (roly poly pudding)
’n Poeding gemaak van ’n plaat deeg, met konfyt gesmeer en dan opgerol en gebak. (rolpoedinkie)

rolpoedinkie (roly poly pudding)
’n Poeding gemaak van ’n plaat deeg, met konfyt gesmeer en dan opgerol en gebak. (rolpoeding)

rolstuk
Lees rollade.

romaine
Blaarslaai met lang, los blare en gekreukelde rante. (bindslaai, cos lettuce)

roman
’n Helder oranje-rooi seevis wat algemeen voorkom. (rooi roman)

romanesco
Dié groente is ’n kruising tussen blomkool en broccoli. Dit het ’n effens soet en neutagtige geur. (romanesco-blomkool, romanesco-broccoli, calabrese-romanesco, minaret)

romanesco-blomkool
Dié groente is ’n kruising tussen blomkool en broccoli. Dit het ’n effens soet en neutagtige geur. (romanesco, romanesco-broccoli, calabrese-romanesco, minaret)

romanesco-broccoli
Dié groente is ’n kruising tussen blomkool en broccoli. Dit het ’n effens soet en neutagtige geur. (romanesco, romanesco-blomkool, calabrese-romanesco, minaret)

romarin [rô-ma-rihn]
Frans vir “roosmaryn”.

romerig
Vol room.

romery
’n Fabriek waarheen vars melk gestuur word vir verspreiding, of om in een of ander suiwelproduk omgesit word.

rooi eikeblaar-kopslaai (red oak-leaf lettuce)
’n Kopslaai met sagte, rooi blare met “valletjies”. Daar is ook ’n groen eikeblaar-kopslaai.

rooi roman
’n Helder oranje-rooi seevis wat algemeen voorkom. (roman)

rooi-aalbessie (red currant)
’n Klein, rooi, vrank bessie

rooibeet
Lees beet.

rooibok
Dit is ’n soort wildsbok, Aepyceros melampus.(impala)

rooibostee
’n Tee gemaak van die Suid-Afrikaanse struik rooibos. (bossiestee, rooitee, speldtee, speldetee)

rooigathaas
’n Grysbruin knaagdier met ’n pels, gesplete bolip, kort stert, lang ore en lang agterbene, Pronolagus ruspestris.

rooihaas
’n Grysbruin knaagdier met ’n pels, gesplete bolip, kort stert, lang ore en lang agterbene, Pronolagus ruspestris.

rooihartbees
’n Wildsboksoort, Alcelaphus buselaphus.

rooikool
’n Soort kool met pers-rooi blare.

rooipenshaas
’n Grysbruin knaagdier met ’n pels, gesplete bolip, kort stert, lang ore en lang agterbene, Pronolagus ruspestris.

rooipeper
Sterk peper waarvan die hoofbestanddeel fyngemaalde rooi rissies is. (Cayenne-peper, Spaanse peper)

rooipootjiehaas
’n Grysbruin knaagdier met ’n pels, gesplete bolip, kort stert, lang ore en lang agterbene, Lepus capensis.

rooisterthaas
’n Grysbruin knaagdier met ’n pels, gesplete bolip, kort stert, lang ore en lang agterbene, Pronolagus ruspestris.

rooitee
Lees rooibostee.

rooivleis
Vleis, bv. bees of skaap, wat rooi is as dit rou is.

rooivoethaas
’n Grysbruin knaagdier met ’n pels, gesplete bolip, kort stert, lang ore en lang agterbene, Lepus capensis.

rooiwyn
Wyn met ’n rooi kleur, waarby die gisting vir ’n lang tyd in noue kontak met die druiwedoppe plaasvind.

rook (smoke)
’n Metode om kos mee te behandel.

rookspek
Spek wat gerook is vir geur.

rookvleis
Vleis wat gerook is vir geur.

rookwors
Wors wat gerook is vir geur.

room (cream)
Die vetagtige deel van melk. Dit kan ook verwys na die proses waartydens bestanddele saam geklop word om dit te meng.

roomafskeier
’n Toestel om room van melk af te skei.

roomhorinkie
’n Skilferkors-horinkie wat met room gevul is.

roomkaas (cream cheese)
Kaas gemaak van room of volmelk waarby room gevoeg is.

roomkoek
Koek met ’n roomvulsel.

roommeter
’n Toestel om die persentasie room in melk te meet.

roompoffertjie (cream puff)
’n Poffertjie van tertdeeg gevul met room.

roomsous (cream sauce)
Béchamel-sous verryk met room.
Roomsous

roomtert
Tert met ’n roomvulsel.
Roomtert resep

roomys (ice cream)
’n Veryste mengsel wat suiwel bevat. Die begin van roomys was waarskynlik die antieke Grieke en Romeine wat sneeu en ys met vrugte en heuning gegeur het. Roomys soos ons dit nou ken het om en by 1775 verskyn, hoewel dit reeds in 1650 uitgedink is deur die Franse kok van Koning Charles I van Engeland, wat hom betaal het om dit geheim te hou.
Roomys resep

roomyspiesang
Lees piesangaspaai.

roosmaryn
Roosmaryn is ’n kruid met ’n sterk geur en ’n harsagtige smaak.

rooster (grill)
’n Proses waartydens voedsel aan ’n opgewarmde oondelement, oop vuur, vlamme of kole blootgestel word om dit gaar te maak. Die woord word ook gebruik vir die draadtoestel waarmee vleis oor kole gebraai word of die toestel waarmee brood gerooster word.

roosterbrood
’n Sny brood wat deur ’n warm rooster verbruin is aan albei kante.

roosterbroodbrokkies (sippets)
Klein, driehoekige stukkies brood, gebraai of gerooster en gebruik as garnering.

roosterkoek
Brooddeeg wat in die vorm van ’n klein koek op ’n rooster oor kole gaargemaak is.
Roosterkoek

roosterplaat (griddle)
’n Ysterplaat wat bo-op die stoof gebruik word om kos mee gaar te maak.

rooswater
’n Waterige oplossing met die geur van rose verkry van blomme.

roquefort [rok-fôr']
Roquefort is ’n sagte blou kaas gemaak van skaapmelk. Hierdie Franse kaas is oorspronklik verouder in kalksteengrotte. (roquefortkaas)

roquefortkaas
Roquefortkaas is ’n sagte blou kaas gemaak van skaapmelk. Hierdie Franse kaas is oorspronklik verouder in kalksteengrotte. (roquefort).

rosaki
’n Druifsoort met ’n akkervormige korrel. (akkerdruif, waltham cross)

rosé [ro-zy]
Is ’n pienk wyn gemaak van rooi druiwe of wit en rooi druiwe. (roséwyn)

rosetta
’n Suid-Afrikaanse skimmelkaas met ’n korrelrige tekstuur en ’n souterige smaak.

roséwyn
Is ’n pienk wyn gemaak van rooi druiwe of wit en rooi druiwe. (rosé)

roseval
’n Skaars Franse aartappelvariëteit. Gebruik dit in slaaie, gratins en soufflés.

rösti
Gesnipperde of gerasperde groente, soos aartappels, wat met botter gemeng en gebraai word vir bros, goudbruin groentepannekoeke.

rosyn
’n Gedroogte druiwekorrel. (rosyntjie)

rosyntjie
’n Gedroogte druiwekorrel. (rosyn)

roti
’n Indiese brood wat gebraai word. (chapati)

rôti [rô-tie]
Frans vir “’n braaistuk” of “gebraaide vleis”.

rotini
Spiraalvormige stukkies pasta. (skroefpasta)

rôtir [rô-tier]
Frans vir “om te braai”.

rôtisserie [rô-ti-se-rie]
Frans vir “rooster” of “braairestaurant”.

rouerig
Nie heeltemal gaar nie.

rouge [roozje]
Frans vir “rooi”.

roulade [roe-laad]
’n Roulade is ’n tipe Franse soufflé. Dit word in ’n rolkoekpan gebak en gewoonlik om ’n vulsel gerol.
Spinasie-roulade

roux [roe]
’n Franse kooksel van gelyke hoeveelhede botter en meel wat gebruik word vir souse. Daar word onderskei tussen ’n wit (blond) roux en ’n bruin roux. In laasgenoemde geval word die roux bietjie langer gekook tot dit ligbruin begin raak.

royale [roi-jal]
’n Franse garnering van geposjeerde eiers wat in verskeie vorms gesny word.

rugfilet (Scotch fillet)
’n Vleissnit sonder been - soortgelyk aan filet.

rugstring (backbone, chine)
Die ruggraat van ’n dier.

rugstuk
Die agterste gedeelte van die rugstring van ’n slagdier.

ruitjiespens (honeycomb tripe)
’n Gereg gemaak van die kleinpensie van ’n bees, skaap of bok.

rum
’n Sterk alkoholiese drank gemaak van gegiste suikerriet of melasse.

rumbaba
Savarin met rosyntjies in die koekmengsel en rum in die stroop. (baba au rhum)

rumpons
’n Mengeldrank van ten minste vyf bestanddele waarvan rum die vernaamste is.

Russiese slaaisous
’n Koue slaaisous van mayonnaise en tamatiesous of brandrissie.

Russiese tee
’n Britse drankie van swart tee met suurlemoen.

Russiese wors
Sterk gegeurde varkwors.

ryn-wyn
Wyn uit die Rynland in Duitsland.

ryp (ripe)
Gereed om geoes of geëet te word.

ryp maak
Vleis wat by ’n temperatuur van 0 - 4°C gehou word daarom sagter te maak.

rypgemaakte vleis
Vleis versag deur veroudering.

rypheid
Die toestand van ryp wees.

ryping
Proses van ryp word.

rys (rice)
’n Graansoort waarvan die saad as voedsel gebruik word.
Gekookte rys

rysbrandewyn
Brandewyn gestook van rys. (arak)

ryspapier
Eetbare Chinese papier.

ryspoeding
’n Nagereg van rys, melk, suiker, botter en eiers wat gebak word totdat dit stol en goudbruin is.
Ryspoeding

rysstokkies (rice sticks)
Dun noedels wat van rysmeel gemaak word.

ryswyn
’n Japannese alkoholiese drank wat uit rys vervaardig word. (saké, saki)



Wynwoordeboek


A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

No comments :

Post a Comment