Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/26/2012

Birewick / Pain de fruits

Birewick is 'n tradisionele nagereg uit die Elsas-streek in Frankryk. Dit is basies blaardeeg gegeur met Kirsch en vrugte.

Skil die volgende vrugte en kook dit saam in 'n bietjie water tot sag: 500 g pere, 250 g appels, 250 g perskes, 250 g gedroogde vye en 250 g pruime. Moet dit nie toelaat om tot 'n papery te kook nie. Behou die water.
Meng 1 kg gesifte koekmeel met 30 g droë gis en genoeg water van die vrugte om 'n sagte deeg te vorm.
Laat dit staan om te rys vir 2 uur.

Intussen kap jy 100 g versuikerde sitrusvrugte en 50 g angelika in klein stukkies.

Meng die deeg met die versuikerde vrugte, asook 250 g sultanas,125 g gekapte haselneute, 125 g gekapte amandels, 125 g gekapte okkerneute, 50 g geblasjeerde repies lemoenskil, 125 g dadels (ontpit en in klein stukkies gebreek), die saggekookte vrugte en 200 mℓ Kirsch. Meng dit goed.

Deel die deegmengsel in 28 stukke waarvan jy balle rol. Verf die oppervlakte van die deegballe met water.
Bak by 160°C vir 1 uur 45 minute.

No comments :

Post a Comment