Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/06/2012

Bloubosbessie-tert / Tarte aux myrtilles

Die bloubosbessie kom oraloor die Karoo voor. Die tert het 'n Franse oorsprong, hulle noem dit Tarte aux myrtilles.
Jy het normale tertdeeg nodig. Indien jy nie self dit wil maak nie kan jy dit by die supermark koop. Kyk vir shortcrust pastry.
Jy het 300 g bloubosbessies nodig, vars of gevries.

Gooi 125 mℓ suiker en 250 mℓ water saam in 'n kastrol en verhit stadig, terwyl jy roer tot die suiker opgelos is.
Laat dit kook vir 5 minute.
Verwyder die kastrol van die hitte en gooi die bessies by en laat dit week vir 5 minute.

Verhit weer die kastrol stadig en kook vir 8 minute oor lae hitte, tot die bessies al die stroop geabsorbeer het.

Rol die deeg uit en voer 'n 22 cm gesmeerde tertbak daarmee uit.
Bedek die deeg met waspapier en bak blind vir 12 minute by 200°C.

Verwyder die papier en bak vir nog 7 minute.

Laat die tertkors nou afkoel tot louwarm voor jy dit versigtig uit die bak verwyder.
Gooi die bessiemengsel in die kors. Smeer die bokant mooi glad met 'n mes.
Smeer nou 60 mℓ appelkoosglaseersel oor die vulsel.
Laat staan die tert tot dit heeltemal afgekoel het.

Spuit crème Chantilly oor die tert sodat die vulsel bedek is.


Lees meer oor Die geheime van tertdeeg / pasteideeg

No comments :

Post a Comment