Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/07/2012

Gesmoorde vis

Indien jy vis wil smoor is stokvis of snoek goeie keuses.

Maak die vis skoon en vul dit met jou gunsteling kruie.

Gooi 500 mℓ opgesnyde groente (byvoorbeeld uie, wortel, seldery en soetrissie) saam met 'n bietjie witwyn in 'n oondbak waarin die vis ook sal pas, plaas die deksel op en smoor dit vir 5 minute lank.

Plaas die vis op die groente.

Gooi nog 250 mℓ witwyn om die vis. Geur met sout en peper en plaas 'n bouquet garni in die bak. Die vloeistof behoort so 5 tot 7 cm van die bodem af te lê.
Maak die bak dig toe en plaas in 'n 160°C-oond vir die tyd soos in die resep aangedui.
Smoor dit 20 minute per 500 g vir 'n groot vis en 25 minute vir klein vissies soos sardyne en harders.
Verdik die sous agterna en strooi pietersielie oor die vis.

No comments :

Post a Comment