Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/12/2012

Hoe om die perfekte braaivleisvuur te maak

Daar is verskeie kampe as jy begin praat van vuurmaak. Elkeen het sy eie manier van doen en daar is verskeie wat hulself as "kenners" ag. Hierdie stukkie is veral gemik op beginners, diegene wat nog nie "kenners" is nie.

So is daar diegene wat sweer by houtskool, terwyl ander nie kan dink hoe 'n mens kan vuur maak sonder hout nie. Vir die doel van hierdie stukkie gebruik ons hout, want verskeie soorte hout kan die geur van die vleis beïnvloed. Mens kry gegeurde houtstafies te koop waarmee jy geur kan verskaf aan 'n houtskoolvuur.

Beginners moet seker maak die hout wat hulle koop is vir vleisbraai en nie kaggelhout nie, veral die tyd van die jaar.

Stapel jou hout so dat dit 'n piramide vorm. Dit moet stabiel genoeg wees om alleen te staan, maar moet nog genoeg openinge wees vir vuuraanstekers of gefrommelde koerantpapier.

Begin by die basis wanneer jy die aanstekers / papier indruk en werk boontoe. Indien jy 'n vlambare vloeistof gebruik moet jy die hout eers vir 15 minute net so laat staan nadat jy dit oorgesteek het. Dit gee die hout tyd om te week en keer dat daar nie dalk 'n klein ontploffing is wanneer jy dit aansteek nie.

Moet nie met die vuur lol nadat jy dit aangesteek het nie. Wanneer daar kole is en dit het 'n fyn lagie wit as oor, terwyl die kole daaronder rooi gloei, dan is dit gereed vir braai. Dit neem omtrent 30 minute om so te lyk – afhangende natuurlik van die grootte van jou piramide.

Jy kan nou die kole rondskuif. Sorg dat dit onder die vleis lê.

Jy kan kruie, byvoorbeeld roosmaryn, op jou kole gooi om ekstra geur aan die vleis te gee.

2 comments :

  1. Anonymous12/7/12 19:11

    No Shit

    ReplyDelete
  2. 'n Uiters belangrike aspek van braai is om jou gesondheid en veiligheid in ag te neem:

    1. Die braairooster mag nie enige dooie dier reste bevat nie, dit beteken dit moet silwerskoon wees. Daardie stukkies koolstof van 'n vorige braai, sowel as enige ou vetterigheid is 'n absolute TABOE want dit is karsinogenies! Dit veroorsaak kanker. Gebruik 'n goeie koper of staalborsel om die rooster skoon te maak as dit 'n gewone staal maasdraad tipe is. Vlekvryestaal roosters moet met seep en water gewas word, en behoorlik afgespoel word. Gebruik eerder 'n braaier wat nêrens ou vet of stukkies verbrande vleis kan bevat nie. Maak seker jou gasbraaier se klippe bevat geen hiervan nie.

    2. Jy mag die rook en vet dampe van braaivleis NIE INASEM NIE. Dit is uiters ongesond.

    3. Moenie vuurmaakgel of enige ander brandstof gebruik as die vuur REEDS aangesteek is nie. Dis minibom wat vir jou en omstanders erge beserings kan veroorsaak.

    4. Moenie giftige houtsoorte gebruik, al is dit om net die vuur aan te steek of te begin nie.

    5. Gebruik goeie leer sweishandskoene as die vuur baie warm is. Dit beskerm jou en jy kan warm voorwerpe beter hanteer

    ReplyDelete