Rol broskorsdeeg (jy kan ook 'n pakkie deeg by die supermark koop) uit en voer 'n gesmeerde tertbak uit daarmee. Bedek die deeg met waspapier en bak vir 5 minute.
Haal die waspapier van die deeg af en bak vir 'n verdere 5 minute.
Haal die bak uit die oond en stel die hitte af tot op 160°C.
Strooi gebraaide stukkies spek oor die deeg.
Klop eiers saam met room (5 mℓ vir elke eier) en gerasperde cheddar (20 mℓ per eier). Geur met sout en peper.
Bak in die oond tot die eier gestol het – ongeveer 25 minute.
Bedien die tert as deel van ontbyt.
Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.
No comments :
Post a comment