Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/24/2012

Gesmoorde borsstuk / Braised Brisket

Hierdie is 'n baie geurige gereg.

40 mℓ olie
1,5 kg borsstuk (beesvleis)
2 uie, in blokkies gesny
2 wortels, in ringe gesny
2 stingels seldery, in stukkies gesny
sout en peper
bouquet garni
150 mℓ bouillon / aftreksel

Vir die sous benodig jy:

40 mℓ olie
20 mℓ meelblom
450 mℓ bouillon / aftreksel
5 mℓ tamatiepasta

Verhit die olie in 'n kastrol tot dit rokend warm is.
Verbruin die borsstuk rondom.

Verwyder die beesvleis uit die kastrol en verlaag die hitte.
Plaas die groente in die kastrol, sit die deksel op en smoor vir 5 minute.

Plaas die vleis op die groente en geur met sout en peper. Sit die bouquet garni by en gooi die aftreksel in en plaas die deksel op.
Smoor in 'n 160°C vir 2 uur.
Intussen berei jy die sous voor deur die olie te verhit en die meelblom by te roer tot dit styf is. Voeg dan nog 'n bietjie olie by hierdie roux om dit effens te versag. Kook dit stadig tot dit van kleur begin verander. Dan verwyder jy dit van die hitte en laat dit afkoel.

Plaas dit nou terug op lae hitte en roer die aftreksel en tamatiepasta by. Laat dit stadig prut vir 20 minute.

Wanneer die vleis gereed is verwyder jy dit uit die kastrol en sny dit in skywe. Hou dit warm.
Die vleis se sous syg jy deur en skep die vet af.
Roer die sous by die een wat jy geprut het en laat dit stadig afkook tot dit dik is.

Skep genoeg sous oor die vleis, sodat al die skywe klam is.

Bedien die gesmoorde borsstuk saam met aartappels en nog 'n groente.

No comments :

Post a Comment